Simeon Hamman - Sokkiejol (Key: +1 Abmaj)
Title: Sokkiejol
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Simeon Hamman
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: 1990s
Key: +1 Abmaj
Backing vocals: No
More info: Simeon Hamman is die bekende Suid-Afrikaanse sangeres, Sonja Herholdt, se tweede oudste seun. Hy het as jong seun vyf albums vrygestel.
Lyrics: Yes
Dis 'n Saterdagaand in 'n hoërskoolsaal
Daar's fietse teen die draad
Matrieks gaan die meisies met die motors haal
Standard sessies loop in die straat
Daar's lank gepraat in die jongste tyd
Oor die twee rand by die deur
Maar die geld is vir die matriekafskeid
Dis 'n groot ding wat gebeur
Ah-aah, dis 'n goot makietie
Dis 'n sokkiejol
Die juffrou met die brille staan die uitgang vol
Die truie hang los, moue's opgerol
Dis 'n uithang aand
Dis 'n sokkiejol
Die truie hang los, moue's opgerol
Dis 'n uithang aand
Dis 'n sokkiejol
Ou Vet Piet Flooi wat die plate speel
Is gou by die handeklap
Hy kan nog dans maar wat
Hy sweet te veel
En hy neig om die tone te trap
Die onnie met die bles sit al lank en gaap
Hy kom net 'n ogie hou
Hy wens dis klaar want dis tyd vir slaap
Maar hy keer dat die manne klou
Ah-aah, dis 'n goot makietie
Dis 'n sokkiejol
Die juffrou met die brille staan die uitgang vol
Die truie hang los, moue's opgerol
Dis 'n uithang aand
Dis 'n sokkiejol
Die truie hang los, moue's opgerol
Dis 'n uithang aand
Dis 'n sokkiejol
My pa het my gisteraand geleer
'n Wals is een-twee-drie
Maar kom ons skud maar net so heen en weer
Want langarm dans dit kan ek nie
Stefanie wou net by die blonde ou bly
Sy's smoorverlief op hom
Maar die kêrel gedra hom soos 'n heuningby
Hy vlieg van blom tot blom
Carina en Johan as hulle dans aaneen
Haar skouers is byna kaal
Hy sou haar graag wou huistoe neem
Maar haar pa gaan haar self kom haal
Ah-aah, dis 'n goot makietie
Dis 'n sokkiejol
Die juffrou met die brille staan die uitgang vol
Die truie hang los, moue's opgerol
Dis 'n uithang aand
Dis 'n sokkiejol
Die truie hang los, moue's opgerol
Dis 'n uithang aand
Dis 'n sokkiejol
Composer: NOT AVAILABLE