Standard Version - Mali, Die Slaaf Se Lied (Key: -4 Fmin)
Title: Mali, Die Slaaf Se Lied
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Standard Version
Genre: South African; Classical & Classical Crossover; Opera & Popera; Folk
Language: Afrikaans
Era: 1960s
Key: -4 Fmin
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Van die lotosland waar die lelies groei
En die koningsblom op die boomstam bloei
Waar jaar lank deur die somer woon
En elke dag met glorie kroon
Waar sag die koel suidoostewind
Die geil-groen veld begroet as vrind
En sagter teen die wit strand slaan
Die branders van die oseaan
Daarvandaan, daarvandaan
Daarvandaan kom ek wat Mali heet
Daarvandaan kom ek wat Mali heet
Vry was ek waar die lotos groei
Vry waar die koningsblomme bloei
Waar elke middag sag die reën
Sy gloed ontelb’re trane ween
Oor atap-hut en silwerstrand
Oor fyn bewerkte sawaland
Waar oor die stadige vulkaan
Die rookwolk in die môre staan
Daarvandaan, daarvandaan
Daarvandaan kom ek wat Mali heet
Daarvandaan kom ek wat Mali heet
Daarvandaan kom ek wat Mali heet
Daarvandaan kom ek
Daarvandaan kom ek
Composer: C. LOUIS LEIPOLDT/S. LE ROUX (SARRAL)