Standard Version - Mamma Ek Wil 'n Man He (Key: OR Ebmaj)
Title: Mamma Ek Wil 'n Man Hê (Mamma, 'k Wil 'n Man Hê - FAK)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Standard Version
Genre: South African; Folk; Kids & Teens
Language: Afrikaans
Era: Not Specified
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Mamma, 'k wil 'n man hê
Watter man, my liewe kind
Wil jy dan 'n Fransman hê
Nee, mamma, nee
'n Franseman die wil ek nie
Want "parlez-vous" verstaan ek nie
Dit is my plesier
Met die Boerjongkêrels hier
Mamma, 'k wil 'n man hê
Watter man, my liewe kind
Wil jy dan 'n Hollander hê
Nee, mamma, nee
'n Hollander die wil ek nie
Want klompe dra – dit sal ek nie
Dit is my plesier
Met die Boerjongkêrels hier
Mamma, 'k wil 'n man hê
Watter man, my liewe kind
Wil jy dan 'n Duitser hê
Nee, mamma, nee
'n Duitserman die wil ek nie
Want "Schweinefleisch" – dit lus ek nie
Dit is my plesier
Met die Boerjongkêrels hier
Mamma, 'k wil 'n man hê
Watter man, my liewe kind
Wil jy dan 'n Boerseun hê
Ja, mamma, ja
'n Boereman die wil ek hê
In 'n Boer se arme wil ek lê
Dit is my plesier
Met die Boerjongkêrels hier!
Composer: TRADITIONAL