top of page
Standard Version - Sproetjies (Key: OR Gmaj - BV)

Standard Version - Sproetjies (Key: OR Gmaj - BV)

SKU: CH-OR-BV-03234
$12.95Price

Title: Sproetjies (Sias Reinecke Cover)
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Standard Version
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk & Folk Rock; Country
Language: Afrikaans
Era: Not Specified
Key: OR Gmaj
Backing vocals: Yes
Lyrics: Yes

 

Daar's 'n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai

Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar

En eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen

Met traantjies wat rol oor haar sproetgesiggie heen

 

En ek sê, Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë

Wil jy graag 'n groot geheim hoor

Almal wil graag soos jy wees

Want jy's pragtig, liefllik

En sy druk saggies my hand

En sê, ek wens ek kon my deur jou oë sien

 

Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby

En die glimlag van jonkwees verberg soms 'n ou hartseer pyn

En eendag sien ek Sproetjies weer en my oë staar verdwaas

Want die lelike eentjie verander in die mooiste swaan

 

En ek sê, Sproetjies, jy's pragtig

En sy druk saggies my hand

En sê, ek wens ek kon my deur jou oë sien

 

Ek gaan by die skouburg een aand na 'n opvoering kyk

En daar dans 'n meisie wat net soos 'n feëprinses lyk

Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor

Ek sien toe dis Sproetjies wat harte so bekoor

 

En ek sê, Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë

Onthou jy nog die parkie

En die trane in jou oë

Sproetjies ,jy's pragtig

En ek hou haar teen my vas

Sy sê, ek wens ek kon my deur jou oë sien

Ek wens ek kon my deur jou oë sien

 

Composer: WHIPPLE/G. VAN TONDER (EMI)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page