top of page
Theuns Jordaan - Beautiful In Beaufort-Wes (Key: OR Dmaj)

Theuns Jordaan - Beautiful In Beaufort-Wes (Key: OR Dmaj)

SKU: AN-OR-NB-02276
$12.95Price

Title: Beautiful In Beaufort-Wes

Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke

Created in the style of: Theuns Jordaan
Genre: South African; Pop & Pop Rock; Folk; Country
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Dmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Jy was beautiful in Beaufort-Wes

En ek was so verskrik en verskriklik lief vir jou

En ek en jy het op grafte en op treine

Op Ford Fairlane se agterseats gevry

 

En nou is jy en jou man both computer analysts

En laas winter you tried to cut both of your wrists

En nou skryf jy vir my jy kan

 

Nie meer slaap, nie meer lag

Nie meer iets vir jouself doen nie

En nooit ooit weer vir my soen nie

 

TUSSENSPEL

 

Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook

Terwyl jy menthol sigarette rook

En al daai “sweet, sweet” dinge vir my sê

Terwyl jy sweet, sweet in my arms lê

 

En die presiese woorde het ek presies vergeet

Ek onthou net die rook en die sweet

In Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder ‘n koel

Summer cotton dress

 

Nie meer slaap, nie meer lag

Nie meer iets vir jouself doen nie

En nooit ooit weer vir my soen nie

 

En dis miskien soos ‘n storie uit die Huisgenoot

Maar jy’t een aand skielik vir my weggestoot

En in die rear-view mirror jou gesig gekyk

En gesê miskien moet ek gelukkiger lyk

 

En daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie

Ek’t gevoel hoe my hart losruk uit my lyf

En soos ‘n roeiboot al in die rivier afdryf

 

Ek kon nie meer slaap, nie meer lag

Nie meer iets vir myself doen nie

En nooit ooit weer vir jou soen nie

 

TUSSENSPEL

 

En die laaste herinnering waaroor ek sing
Is die nag toe ek en jy die melktrein aan en aan die nag in ry
Tot anderkant die ding dong gong
Van die breakfast waiter in die gang verby
En dit was my wake-up call, my lief
Jy het gesê wees asseblief lief vir my
Maar ek het gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon

 

Dit was my wake-up call my lief,

jy het gesê dis asseblief lief vir my,

maar ek’t gedroom ons het in

Beaufort-Wes gaan woon

 

En ek kon nie meer slaap, nie meer lag

Nie meer iets ooit reg doen nie

En nooit ooit weer vir jou soen nie

 

En ek kon nie meer slaap, nie meer lag

Nie meer iets vir mekaar doen nie

En nooit ooit weer vir jou soen nie

 

Composer: GERT VLOK NEL (WILDEBEEST PUBL)

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page