Coenie de Villiers, Sibongile Khumalo, Amanda Strydom - Thula (Key: OR Gmaj)
Title: Thula
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Coenie de Villiers feat. Sibongile Khumalo & Amanda Strydom
Genre: South African; Pop; Group; World Music
Language: Afrikaans; African
Era: 2010s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes
Daar's 'n moeder in Soweto
Daar's 'n ma in Waenhuiskrans
Daar's 'n baba in haar arms
Terwyl sy om die kamer dans
Sy sing soos net 'n ma kan
'n Deuntjie in die nag
Oor haar drome vir die toekoms
Wat sy van haar kind verwag
Sy sing oor ou legendes
Van mense lank reeds dood
Sy sing oor diep riviere
Van voorspoed en van nood
En die wysie wat sy neurie
Word 'n duisend keer herhaal
Vir 'n honderdduisend moeders
Is dit dieselfde ou verhaal
Tula tu tula baba tula sana
Tul’umam ‘uzobuya ekuseni
Tula tu tula baba tula sana
Tul’umam ‘uzobuya ekuseni
Tula, tula, tula sana
Tula, tula, tula baba
Daar's 'n ma in Gugulethu
Daar's 'n ma in Graaff-Reinet
Sy sing 'n ou, ou liedjie
Vir die baba in haar bed
Dis 'n lied wat elke ma ken
Sy gaan haal hom diep en ver
Dit vertel van kronkelpaaie
Van die maan en môrester
Ja, dis die soetste melodie
Wat 'n mensekind kan hoor
Jy kan hom nooit vergeet nie
Want sy sing hom oor en oor
Al lyk hul soms verskillend
Bly elke ma oneindig trou
En sy sing haar lied van liefde
Vir alle kinders ook vir jou
Tula tu tula baba tula sana
Tul’umam ‘uzobuya ekuseni
Tula tu tula baba tula sana
Tul’umam ‘uzobuya ekuseni
Tula tu tula baba tula sana
Tul’umam ‘uzobuya ekuseni
Tula, tula, tula baba
Tula, tula, tula baba
Tula, tula, tula sana
Tula, tula, tula baba
Composer: COENIE DE VILLIERS/TRADITIONAL (SAMRO)