top of page

Willie Joubert & Lisbé Visser - Aan 'n Ruwe Kruis (Key: OR Ebmaj)

SKU: AL-OR-NB-03414
$12.95Price

Title: Aan 'n Ruwe Kruis
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Willie Joubert, Lisbé Visser, Adrien Scheepers & Maranatha Singers
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel; Group & Choir
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Ebmaj
Backing vocals: No
Lyrics: Yes

 

Aan 'n ruwe kruis

Bo-op Golgota

Het die Lam gely

En al ons skuld gedra

 

Elke geselslag

Elke spykerhou

Elke doringpen

Verdra vir my en jou

 

Toe soldate kom

Met asyn en spons

Het Hy reeds geweet

Hy doen dit net vir ons

 

Met 'n doringkrans

Het hul Hom gekroon

Hom bespot en getart

Uitgejou en gehoor

 

En deur al sy pyn

Bloedbevlek en dors

Staan Sy liefde steeds

Hy is die hemel vors

 

In die lydens uur

Weet ons God is hier by ons

Hy wys hoe lief Hy vir ons is

Deur ons sonde uit te wis

 

Aan 'n ruwe kruis

Bo-op Golgota

Het die Lam gely

En al ons skuld gedra

 

Elke geselslag

Elke spykerhou

Elke doringpen

Verdra vir my en jou

 

Hy was vas genael

So alleen en naak

Tussen hemel en aarde

Van God verlaat

 

En Sy laaste uitroep

Was sonder vrees

O my Vader

In U hande

Gee ek my gees

 

Toe die donker kom

Toe die aarde dreun

Hoor hul iemand sê

Hy's waarlik God se Seun

 

Aan die kruis hang hy

Bloed stroom uit sy spies

Deurboorde sy, Hy sê

Dit is volbring

Nou kan ons opnuut begin

 

Aan 'n ruwe kruis

Bo-op Golgota

Het die Lam gely

En al ons skuld gedra

 

Elke geselslag

Elke spykerhou

Elke doringpen

Verdra vir my en jou

 

Aan 'n ruwe kruis

Bo-op Golgota

Het die Heer gesterf

En so ons skuld gedra

 

Ja, die Offerlam

Aan die ruwe kruis

Het volmaakte liefde

Daar aan ons bewys

 

Composer: ADRIEN SCHEEPERS

If you wish to listen to a demo and can't find what you're looking for, please send a request and we will do our best to assist you.  

You may also like

bottom of page