Anneli van Rooyen - Weerklink (Key: OR Gmaj)
Title: Weerklink
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Anneli van Rooyen
Genre: South African; Pop
Language: Afrikaans
Era: 2000s
Key: OR Gmaj
Backing vocals: No
More info: Anneli van Rooyen se besonderse stem het haar een van die gewildste plaaslike sangeresse gemaak. Sy skryf self musiek en die tere liefdeslied, uitbundige vreugdeslied en ballade is haar forté. Anneli het 16 albums vrygestel vanaf 1980.
Lyrics: Yes
Ek sien die aarde draai en kantel
Toe in ‘n dowwe stofverwaaide mantel – van die nag
Die glans van lewe word al flouer
Te veel mensharte word al kouer – elke dag
‘n Wrede wind waai oor die aarde
Steel en plunder als wat waarde het
Eggo’s dwarrel deur ons lewens
Duisend stemme druis en wemel – Een sal ewig duur
Die net van tyd trek al hoe nouer
Jare kom en gaan al gouer, die uur om te kies is hier
Veg teen duisternis en magte
Staan vir lig met alles wat jy het
Laat jou pols, jou pols dans in die wind
Breek die storms wat jou bind
Laat lig en waarheid jou weer vind
Gooi jou stem, jou stem die kranse in
Laai die wind met liefde en begin
Hoor hoe naby hoop weerklink
Valsheid warrel om die mensdom
Vrees verniel alles goed wat voorkom – die Woord is waar
Krag van onskuld word al minder
Leuns mislei en verweer ons kinders – sien die gevaar
Kies die helder gees van liefde
Kies vir hoop met alles wat jy het
Sien die Vlam van lewe het geskryf teen die muur
Hoor ons elkeen het ‘n boodskap om uit te stuur
Composer: ANNELI VAN ROOYEN (PROMUSIK)