Willie & Natasha Joubert - 'n Nuwe Kaart (Key: OR Amaj - BV)
Title: 'n Nuwe Kaart
Format: MP3 Backing Track - Instrumental - Karaoke
Created in the style of: Willie & Natasha Joubert
Genre: South African; Inspirational, Christian & Gospel
Language: Afrikaans
Era: 2010s
Key: OR Amaj
Backing vocals: Yes
Lyrics: Yes
By 'n verdwaalde klein kafeetjie
Stop 'n man my wat vir my die rigting vra
Hy sê sy kaart het weggeraak
Hy't ver gery en nou is hy verdwaal
Hy soek die plek wat min soms vind
Want die afdraaipaaie laat jou soms verdwaal
Ek vra hom toe wat's die dorp se naam
Hy sê vir my ek soek die plek 'Geluk'
Ek sê meneer ek het gehoor daarvan
Hulle sê dit vat soms lank
Maar jy kan daar kom
Jy moet die roete na Genade kry
Vat dan die pad wat na die kruishout lei
Draai by die bord wat na Vergifnis gaan
Hierdie pad het Jesus met Sy bloed gebaan
Dit klink dalk moeilik om Geluk te kry
Maar dis die beste pad wat jy kan ry
In die oë van die man sien ek 'n traan
Want sy hart het hom vir jare laat verdwaal
Sy soektog na die regte pad
Het hom keer op keer op 'n grondpad laat beland
Ek gee toe vir hom 'n nuwe kaart
Wat hom tree vir tree by die regte plek sal bring
Ek sê toe vat my Bybel
Jy sal nooit weer in jou lewe ooit verdwaal
Ek sê meneer jy's op die regte pad
Hulle sê dit eindig by die mooiste stad
Hou jy net styf vas aan die Heer se hand
En stop gereeld om vir Hom tyd te maak
Kyk elke dag na hierdie nuwe kaart
En jy sal weet van 'n verkeerde pad
Dit klink dalk ver maar dis die regte pad
Daar is geen kortpad na die plek 'Geluk'
Ek sê meneer jy's op die regte pad
Hulle sê dit eindig by die mooiste stad
Hou jy net styf vas aan die Heer se hand
En stop gereeld om vir Hom tyd te maak
Kyk elke dag na hierdie nuwe kaart
En jy sal weet van 'n verkeerde pad
Dit klink dalk moeilik om 'Geluk' te kry
Maar dis die beste pad wat jy kan ry
Dit klink dalk moeilik om 'Geluk' te kry
Maar dis die beste pad wat jy kan ry
Composer: NATASHA JOUBERT/WILLIE JOUBERT